GELOOFSBELYDENIS
 
  • Ons glo in God die Vader, die Almagtige, Skepper van hemel en aarde.
  • Ons glo in Jesus Christus, die Eniggebore Seun van God; die enigste Weg tot die Vader en tot saligheid. Hy het vir alle mense gesterf en deur in Hom te glo en Hom aan te neem as Saligmaker, verkry ons kindskap van God deur wedergeboorte.
  • Ons glo in die Heilige Gees en Sy gawes waardeur die gelowiges toegerus word tot diens op aarde.
  • Ons glo in die Bybel as die geïnspireerde en onfeilbare Woord van God wat vir ons gegee is as riglyn vir ons lewe.
  • Ons glo in die wederopstanding; die ewige oordeel en in die ewige lewe waar al God se heiliges in ewige heerlikheid saam met Hom sal woon.
- Redaksie Goeie Nuus/Good News

Tuisblad