3,04 MILJOEN!
 
Elf jaar gelede het God met ons gesin gepraat en die opdrag gegee om ‘n Christelike koerant te publiseer. Hy het die aanhaling, "One drop of ink makes thousands, perhaps millions, think", gebruik en ons laat besef dat die geskrewe woord mense bereik en in huise kom waar predikante nie altyd kan kom nie. Verder is die geskrewe woord ook nie vlietend van aard soos die gesproke woord nie, en kan dit by herhaling gelees en bepeins word. Ons was uitgebrand en het nie oor die nodige fondse beskik om so ‘n onderneming aan te pak nie.
Twee jaar later, op 7 Maart 1998, het ‘n weldoener die Stem van God gehoorsaam en aan ons die nodige rekenaartoerusting ten bedrae van byna R12 000 geskenk. Nog twee ander persone het aan ons R5 000 geskenk vir verdere programmatuur.
Gedurende April 1998 het die eerste beskeie uitgawe van GOEIE NUUS / GOOD NEWS die lig gesien. Dit het ons voltydse strewe en bediening geword om die Blye Boodskap van Jesus Christus uit te dra.
10 000 eksemplare is maandeliks gratis van huis tot huis in Potchef-stroom versprei (1998). Hierna volg:
1999 - Klerksdorp
2000 - Stilfontein en Hartbeesfontein
2001 - Orkney
2004 - Parys
2005 - Ottosdal, Tosca en Ventersdorp
2006 - Molopo.
Die oplaag het gestyg van 10 000 tot 35 000 eksemplare wat maandeliks in genoemde dorpe versprei word (ongeveer 140 000 lesers).
GOEIE NUUS / GOOD NEWS is nou 9 jaar oud en ons het reeds 3 040 000 eksemplare gratis in boge-noemde dorpe van huis tot huis versprei!
Aan al ons adverteerders ons hartlike dank dat u dit help moontlik maak dat die GOEIE NUUS / GOOD NEWS gratis aan ons lesers versprei kan word. Omdat ons oplaag, druk- en verspreidingskoste egter gedurig vermeerder en die advertensies gewoonlik nie genoegsaam fondse genereer nie, wil ons van hierdie geleentheid gebruik maak om vir ons blymoedige gewers wat aan God se Stem gehoorsaam is en ons getrou ondersteun, van harte dankie te sê. Ons weet Hy sal julle bo die maat seën.
Ons sal baie graag die Here se Woord steeds verder en verder wil versprei. Indien u as leser ook graag hierdie Bediening wil ondersteun, sal ons dit so baie waardeer as u vir ons bid en/of finansieel ondersteun. Ons glo dat u ook ervaar dat dit net die Here is wat ons staande kan hou in hierdie donkerwordende wêreld en dat dit dringend noodsaaklik is dat Sy Woord al meer en meer mense bereik. Saai, en samel saam met ons ‘n ryke oes in vir God se Koninkryk. Ons bank-besonderhede is soos volg:

Rekeningnaam:
Media-Sending
Bank:
Nedbank, Potchefstroom
Rekeningtipe:
Spaar
Rekeningnommer:
271 341 2463
Takkode:
171 338
Baie dankie vir u ondersteuning. Mag die Here u ryklik seën!

Indeks     Index