DIE GORDYN | |
  |
Ps. 43:3,4 - "Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge, dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God!" Dit is heel moontlik dat Dawid na die Urim en Tummim (Twee steentjies waarvolgens die Israeliete die wil van God gesoek het - vgl. Eksodus 28:30) verwys het toe hy gesê het: "Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei…" Dawid was op vlug of tydelik verwyderd van die tabernakel, die plek van aanbidding. Dit kom duideliker na vore wanneer ons die King James Version hiermee saamlees: "O send out thy light and thy truth: let them lead me; let them bring me unto thy holy hill, and to thy tabernacles. Then will I go unto the altar of God, unto God my exceeding joy: yea, upon the harp will I praise thee, O God my God." Die Heilige en die Allerheiligste in die tabernakel, en later die tempel, was geskei deur 'n dik gordyn: die Voorhangsel. Met Jesus se kruisiging het die voorhangsel van bo na onder geskeur! Dit het toegang verleen tot God se Allerheiligste. Elke gelowige het nou die voorreg om te alle tye tot God te gaan in Sy Allerheiligste. Jesus se liggaam was die voorhangsel wat geskeur het. Ons kan nou deur Hom tot God gaan. Die weg is oop - 24 uur elke dag! Die mens se probleem is egter dat hy nou met sy vlees wéér 'n voor-hangsel skep. 'n Dik gordyn wat skeiding maak tussen hom en God. Hierdie vleeslike gordyn is 'n ryklik geborduurde een - en dit skei ons van God se allerheiligste Teenwoordigheid! Party mense se "voorhangsel" is geweldig dik! Elke keer wanneer die mens dink dat hy darem so 'n bietjie beter as 'n ander een is, borduur hy aan sy gordyn. Elke keer wanneer hy homself oor een of ander prestasie op die skouer klop, borduur hy self 'n goue draad in sy gordyn. Hoe meer ons die vlees - die ek - voed, hoe dikker word die gordyn. Maar dan moet God dit weer skeur! Die mens se vlees kan God nie behaag nie! Daarom skeur Hy ons borduurwerk stukkend sodat ons in Sy Teenwoordigheid kan kom. Hy is 'n jaloerse God - Hy soek ons aanbidding, nie ons gordyne / voorhangsels nie! "He com-mands us into His Presence!" In Matt. 11:29 sê Jesus: Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele. God het 'n behae in nederig-heid en selfverloëning - prysgawe van die self! Ons behoort die gordyn self te skeur, anders móét Hy dit op Sy eie manier doen. Hy doen dit deur bepaalde omstandighede - wat baie pynlik kan wees - in ons lewe toe te laat wat ons weer in nederigheid en ootmoed laat roep tot Hom. Ons kan onsself baie pyn spaar deur onsself voortdurend in verootmoediging aan Hom te onderwerp sodat Hy Sy wil in ons kan volvoer. "Be yielded to the Spirit!" 'n Toepassing vind ons in Jeremia 18 oor die klei op die skywe van die pottebakker, asook in 2 Kor. 4:7: "Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie." Ons, die erdekruike, moet gebreek word, anders is ons vol van ons eie onwelriekende vleesgeur. Ons moet stukkend gebreek word sodat ons vol kan word van Sy geur! Bruid van Christus - waar-mee hou jy jou besig? Met jou bruidskleed of met jou vlees-voorhangsel? © Dr. JJ Venter |