Page 8 - Good News February 2011 paper
P. 8
Bob en Debby Gass
esus het Sy dissipels met
hierdie woorde uitgestuur:
J“Moenie enige geld saam-
vat nie, of 'n reissak of selfs 'n
ekstra paar sandale nie. En
moenie enigiemand langs die
pad groet nie.” (Lukas 10:4 NLV).
Jesus het drie dinge beklemtoon:
1) 'Moenie enige geld saamvat
nie…' - moenie opgaar nie! God
sal diegene wat sê, 'Ek sal elke
sent wat U meer as my behoeftes
aan my gee, Here, vir U doel-
eindes gebruik,' weliswaar toets.
Dink aan die moontlikheid om
voor die Regterstoel van God te
staan met jou rykdom onbelê, jou
taak onvervul, en jou invloed-
sfeer vir Christus onbereik.
Wátter verskoning sou jy kon
aanbied?
2) 'Moenie...'n reissak [saamvat]
nie' - geen ekstra bagasie nie!
God se Woord sê: '...kom ons
stroop alles af wat ons spoed kan
vertraag, veral die sonde wat so
maklik 'n houvas op 'n mens kry.
Kom ons hardloop met volhar-
ding op die baan wat voor ons
uitgestrek lê, ons oë vasgenael
op Jesus, die Een op Wie ons
geloof vanaf die wegspring tot by
die eindstreep steun.' (Hebreërs
12:1(b) NLV).
Wát ook al jou aandag aftrek, kan
jou beïnvloed, en wát ook al jou
aandag hou, kan jou bemeester.
Satan wil jou keer om jou Godde-
like opdrag uit te voer; dus moet
jy jou fokus behou!
3) 'Moenie enigiemand langs die
pad groet nie' - moenie tyd mors
nie! Enige verhouding wat nie tot
jou eindbestemming bydra nie,
moet bevraagteken word. Paulus
was onwrikbaar hieroor: '...as
mense nie ons opdragte in
hierdie brief gehoorsaam nie,
identifiseer hulle. Vermy hulle...'
(2 Tessalonisense 3:14 NLV).
Dit is reeds laat en die nood is
groot. Lank gelede, in sekere
landelike gebiede van Amerika, is
die skole vir 'n aantal weke
wanneer dit oestyd was, gesluit,
en almal het gehelp om die oes in
te bring. Waarom? DIE OES KAN
NIE WAG NIE!
[Ingestuur deur Rudi Enslin].