Page 3 - Good News February 2016 paper
P. 3

oe Jenny Lind Engeland vir die eerste keer besoek het vir 'n
                   konserttoer, het sy vir die skeepskaptein gesê sy sal graag
             T'n sonsopkoms op die see wil beleef.
             Op 'n wolkelose dagbreek het hy haar na die dek toe laat roep. Op
             die  dek  het  sy  stil  en  bewegingloos  aan  sy  sy  gestaan  en
             waargeneem  hoe  elke  skakering  en  tint  in  die  lug  hulle
             weerkaatsing op die ontwakende water gewerp het en die eerste
             goue strale van die son oor die horison gebreek het. Toe die son
             uit die branders opgespring het, het sy in onbeskryflike sang
             uitgebreek en haar diep godsdienstige gevoelens het tot uiting
             gekom  in  die  edel  musiek  van  Händel  se  “Messias”.  Sy  was
             heeltemal onbewus van die teenwoordigheid van die kaptein en
             'n aantal bemanningslede wat naby haar gestaan het.
             In ekstase het sy haar stem opgehef tot 'n ongesiene Hoorder,
             aan Wie se majesteit en heerlikheid sy haar hulde gebring het.
             Geen wonder dat kaptein West, toe hy later hiervan vertel het,
             met passie verklaar het: “Niemand sal ooit 'Ek weet my Verlosser
             leef!' hoor soos ek dit daardie oggend gehoor het nie!”
             [A R Heaps: Die Groot Boek van Illustrasies van die Lewe vir die
             Lewe, Solly Ozrovech,CUM, 2006].
   1   2   3   4   5   6   7   8